Virus: Wetenskap lewer ontstellende bewyse

Die huidige dominante vlaag COVID-19 koronavirus is drie tot ses keer meer aggressief in verspreiding as die oorspronklike variasie, het ’n onlangse studie bewys.

Die nuwe (of tweede) vlaag van die virus is egter nie van ’n gevaarliker aard nie, en word beskou dat dit dieselfde uitwerking het.

Diee variasie van COVID-19 wat nou ’n dominante rol vervul in die wêreld se infeksie gevalle, is met meer infeksie gelaai as die eerste variasie wat in Sjina uitgebreek het, sê die verslag.

Die nuwe variasie is meer oordraagbaar as sy eerste weergawe, en dra vinniger oor van een persoon na ’n ander, wat verspreiding dramaties versnel.

Die vermoede bestaan dat die virus ’n groter volume opbou in die liggaam wat die verdere verspreiding na ander mense makliker en vinniger laat plaasvind.