Virus verspreiding laat Indië skrik

Indië se mees digbevolkte deelstaat, Uttar Pradesh, is vir twee dae gesluit weens die snelle verspreiding van die koronavirus.

Die inperking in die deelstaat waar 230 miljoen mense woon, sal as poging dien om die vinnige vermeerdering van infeksies te probeer stuit, maar kenners reken meer as twee dae is nodig om die “ketting reaksie” te stuit.

Die owerheid het beveel dat die afgelope naweek gebruik moet word om tuis te bly en alle bedrywe word gestaak sedert verlede Vrydag.

Slegs die mees noodsaaklike instansies sal toegelaat wees om in bedryf te bly, maar die 230 miljoen mense moet tuis bly en nie rond beweeg nie, is gesê.

Die lug en spoorverkeer sal egter voortgaan soos gewoonlik maar busse en ander vervoermiddels word verbied om te ry.

Die inperkings kom nadat Indië die afgelope Vrydag ’n nuwe rekord van infeksies gehad het toe aangekondig is dat 26,500 nuwe infeksies in die 24 uur tydperk aangemeld is, terwyl die deelstaat Uttar Pradesh 32,000 infeksies geregistreer het.

Die Eerste Minister het gewaarsku dat die tendens kan lei tot meer gebiede se algehele inperking, veral in die lig daarvan dat die land tans sowat 800,000 infeksie het, wat die land nou die derde grootste brandpunt maak.

Die VSA is in die eerste plek, met Brasilië tweede.