Virus veroorsaak krisis in Gauteng

Met 66,891 infeksie gevalle wat Maandag aangeteken is vir Gauteng, het dit nou die brandpunt van die koronavirus verspreiding geword.

Wes-Kaap was toe op 70,928 gevalle, maar die Gauteng provinsie se toename is nou sodanig dat dit die grootste gevaar-punt geword het.

Weens die geweldige toename in infeksies, blyk dit dat ernstige probleme ontwikkel met beddens in hospitale en dat ’n tekort aan verpleeg personeel ’n nog groter probleem is.

Die stygende gevalle van infeksie, personeel wat positief toets en tydelik uitgeskakel word, tesame met die groter druk op die gesondheid stelsel het die departement en owerhede in ’n drukgang geplaas.

Oproepe om meer personeel te kry, is een van die situasies wat opgeleide personeel benodig om verligting te bring, waarvan dokters en verpleegsters die belangrikste is.

Dit lyk of die duur dokters vanuit Kuba, wat SA sowat R240 miljoen kos, nie juis ’n indrukwekkende verskil maak nie, terwyl verwyte gehoor word van die regering wat met sy Swart Ekonomiese Bevoordeling veroorsaak het dat baie blanke dokters verkas het na die buiteland waar hulle professionele diens lewer.