Virus: SA die brandpunt in Afrika

Die Wêreld Gesondheid Organisasie sê in sy jongste verklaring dat Suid-Afrika reeds 61% van die totale infeksie van die Afrika kontinent het.

Afrika staar ’n enorme krisis in die gesig met die pandemie wat nou na die kontinent oorgewaai het, waarvan Suid-Afrika die groot verspreider is.

Die toestand in Suid-Afrika is besig om nie net ’n binnelandse krisis te word nie, maar word ook die rooi lig vir buurlande soos Namibieq, Botswanne en Zimbabwe, wat almal lande is met ’n relatief klein infrastruktuur van gesondheidsdiens.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) sê Suid-Afrika is die grootste bron van kommer, en die Afrika state soos Kenia, Zimbabwe en Namibië het reeds ’n stygende getal in infeksies, maar SA het in die afgelope week reeds die 350,000 infeksies gehad, en meer as 5,000 sterfgevalle.

In Afrika het die dodetal weens infeksie verhoog tot 15,000 en die totale infeksies staan nou op 725,000, maar kenners reken die infeksie syfers is ’n onderskatting en gaan in die komende weke met groot spronge verhoog.  Die WGO sê die kommer bestaan daarin dat Suid-Afrika ’n redelike gesondheidsdiens het, en as die verspreiding daar so drasties toeneem, wil hy nie dink aan hoe die res van Afrika se situasie in die volgende maande gaan wees nie.

In Kenia het die verspreiding die afgelope week met 30% toegeneem, in Zambië met 57%, en in Namibië met 69%.