Virus knak Afrika

Die Afrika lande het baie dringende bystand nodig met koronavirus toetse en die verpligte gebruik van maskers om die pandemie nie in ’n kontinentale ramp te laat verander nie.

Afrika het nou reeds meer as 500,000 bevestigde gevalle van COVID-19 infeksies, wat soos ’n veldbrand verder versprei.

In die afgelope week het die infeksie getalle met 24% gestyg in Afrika lande, en kenners sê die pandemie kry nou eers momentum.

Donderdag was die bevestigde gevalle reeds meer as 512,000 en  is 11,915 sterftes aangeteken, en kenners se die swak kommunikasie gee derhalwe nie ’n betroubare reeks syfers nie en is die vermoede dat die infeksies aansienlik hoër kan wees.

In vyf lande, SA, Egipte, Nigerië, Ghana en Algerië dra egter meer as 70% van die totale infeksies, terwyl die oorblywende gedeeltes versprei is in die res van Afrika.