Verstommende ontdekking van snuffelhonde

Navorsers in Duitsland het ’n verstommende ontdekking gedoen oor die vermoë van sy weermag se snuffelhonde wat waarskynlik ’n reuse bydrae kan maak met identifisering van koronavirus infeksie.

Die navorsers het vasgestel dat die opgeleide snuffelhonde oor die vermoë beskik om te onderskei tussen mense wat Covid-19 infeksie opgedoen het en mense wat nie infeksie het nie.

Die honde se identifisering is so akkuraat dat daar in al die gevalle waarmee die diere getoets is, geen fout gemaak is nie.

Die ontdekking deur wetenskaplikes van die Universiteit van Veeartseny Medikasie in Hanover het die merkwaardige vermoë ontdek onder die opgeleide snuffelhonde.

Agt van die weermag se snuffelhonde wat opgelei is, is gebruik om die waarnemings vermoë te toets wat onderskeid tussen pasiënte en gesonde mense moes doen.

Die honde is aangewend om die onderskeiding te doen tussen positiewe infeksie pasiënte en ander wat negatief is, sonder dat ’n enkele fout gemaak is.

Ondersoeke word nou gedoen oor die moontlikheid om die vermoë verder te ontwikkel ter beskerming van die mense en die weermag soldate.