Veranderings in grendel tyd aangekondig

Gisteraand het ANC president Ramaphosa ses hoofpunte aangekondig wat verander word in die regering se pogings om die vinnige verspreiding van die nuwe virus te verminder.

Groter wetstoepassing om te verseker dat mense in die openbaar maskers dra, en die wet word strenger toegepas.

Taxi voertuie moet die 70% reël streng nakom om die insittendes te beskerm teen infeksie, maar ’n 100% kapasiteit is toelaatbaar in plaaslike “kort afstand” roetes.

Waarnemers sê dit is ’n maatreël wat nie behoorlik toegepas kan word nie, en is ’n swak reëling wat oortree gaan word.

Die verkoop van alkoholiese drank word verbied en die maatreël tree onmiddellik in werking.

Die nasionale Noodtoestand word verleng tot 15 Augustus en gesinne word gevra hulle so min as moontlik moet beweeg.

Die sosiale aktiwiteite se verbanning bly van krag tot ’n latere kennisgewing.