Venezuela president steier teen EU

Uit Karakas, die hoofstad van Venezuela, word berig dat die president van die land teruggedeins het vir sy eie poging om die Europese Unie se ambassadeur te blokkeer.

Die president, Nicolas Maduro, het vroeër gesê hy gaan die EU se ambassadeur in Venezuela met sanksies straf, en wag op reaksie van die EU leiers in Brussel.

Maduro het verlede week besluit om die EU ambassadeur te skors uit die land, wat gedoen word in reaksie op die EU se besluit om sanksies te verhoog teen die omstrede president.

Maduro het ook te kenne gegee dat die skorsing gedoen word sonder om dialoog te voer met die EU leiers, en die besluit om alles te laat vaar, het wenkbroue gelig on Westerse kringe.

Die regering het in sy verklaring gesê die “toegewing” is gemaak aan die EU met die hoop dat die leiers aldaar ook sekere toegewings sal maak aan sy land.