Venezuela kry nie sy goud terug

Die Nicolas Maduro regering van Venezuela was onsuksesvol in sy pogings om sy goud voorraad van die Bank van Engeland terug te kry wat sedert 2018 aan die Latyns-Amerikaanse staat geweier word.

Die beslissing teen Venezuela is groot terugslag vir die president wat gekniehalter is op ekonomiese gebied wat ’n krisis geword het.

Venezuela is reeds vir etlike kare in ’n finansiële krisis te midde van die feit dat hy oor die rykste olievelde van die wêreld beskik.

Die Britse Hooggeregshof het beslis dat Venezuela se president Nicolas Maduro nie by magte is om die beheer oor te neem van die $1 miljard se goud wat deur die regering in die Bank van Engeland hou nie.

Die Hooggeregshof het in sy uitspraak daarop gewys dat die Verenigde Koninkryk soos baaie ander lande van die wêreld, Juan Guaido as grondwetlike, en tussentydse president beskou word en nie Nicolas Maduro nie.

In die lig van die besluite van regerings, kan die goud nie op versoek van Maduro aan Venezuela teruggegee word nie.