Venesië toets miljard dollar vloed-brekers

Venesië, die stad wat bekend staan as die “stad by die meer” het nou ’n plan ontwikkel wat die stad kan beskerm teen watergolwe van tot drie meter hoogte.

Die projek van meer as $1 miljard bestaan uit sowat 78 opblaas hindernisse wat ontwerp is om see getye terug te hou wat tot ’n hoogte van drie meter kan word.

Die ambisieuse nuwe stelsel is ontwikkel maar nie sonder die euwel van korrupsie wat die projek vir bykans ’n dekade vertraag het nie.

Die Italiaanse Eerste Minister, Giuseppe Conte, het na Venesië gereis om die inwyding seremonie by te woon, en ook die druk-motore aangeskakel wat die opblaas van die hindernisse laat begin het.

Al die hindernisse is kort daarna suksesvol opgeblaas en het letterlik uit die see “opgestaan” wat die geel hindernisse die see binne 90 minute  ’n nuwe aangesig gegee het.,     

In noodgevalle kan die hindernisse binne 30 minute opgeblaas word, en die stelsel kan selfs van posisie verander wanneer nodig sou wees.

Wanneer die gevaar van ’n storm gety verby is, word die hindernisse vol water gepomp en sink hulle weer tot ’n onsigbare status.