Van oglokrasie na kommunistiese regime in 100 dae

In verskeie publikasies word die pas afgelope 100 dae van drakoniese inperkings ontleed.

Die algemene strekking is dat die ANC gemeet word teen hul redes (verskonings) vir die grendelstaat wat aan ons opgedwing was.

In wese blyk dit dat die ANC inderdaad – weens hul beheptheid met ras, sentrale beheer en hul natuurlike geneigdheid tot korrupsie – tragies anders vermag het as om die ekonomie te saboteur en duisende suksesvolle klein ondernemings te vernietig, of hul voortbestaan erge skade berokken het.

Ons is almal bekend met die feite, asook die skaamtelose begrotings-uitsprake wat lukraak afgestem word op drasties verhoogde belastings vir die minder as 10% van landsburgers wat wel belasting betaal.

Daar is egter ’n ander perspektief, baie nader aan die waarheid:

Terwyl die openbare debat inderdaad 100 vermorste dae bevestig, swyg baie publikasies oor die feit dat direkte verkwisting het bykans R10 miljard per dag beloop.

Meeste van hierdie geld het verdwyn in die sakke van politici, staatsamptenare en ander kaders.  Miljarde is as subsidies uitbetaal volgens ras-kriteria.

MAAR wie besef dat die ANC in wese die Stalinistiese breinkind van Mandela, Sisulu en Slovo is (reeds sedert die 1950’s) sal óók besef dat in hierdie 100 dae het Cyril Ramaphosa die land geneem van sosialistiese rasse-oglokrasie, na ʼn harde kommunistiese regime:

Ongekende sentralisering van mag in ‘n polit-buro, onder Zuma-leiding.

Geheime monitoring deur elektroniese spioenasie, sonder deeglike juridiese toesig.

Grootskaalse uitbreiding van die sosialistiese welsynstaat, op skuld, vir gekose begunstigdes.

Sosialistiese sentralisering van ekonomiese beplanning, en ’n de facto stelsel van direkte regerings-diktat oor wie watter besighede mag bedryf en wie nie.

Drakoniese onderdrukking van alledaagse vryhede. (beweging, werk, skool, sosialisering)

De facto beheer oor die toegang tot Christelike aanbidding en naam-registers van diegene wat wel eredienste bywoon.

En die media is reeds vol berigte van ’n Cheka / Stasi tipe informante network, waar bure op mekaar begin spioeneer vir die regime.

Die wetsgehoorsame reaksie van die formele sektore staan in skrille kontras teen die sogenaamde “township-ekonomie” en berugte sektore soos die taxi-industrie.

En terwyl laasgenoemde wetgewing ignoreer, wanorde saai en daadwerklike gesondheid-risiko’s skep, word eersgenoemde noodsaaklike hulp ontsê.

Die ANC het bereik wat hulle dekades reeds nastreef.

Toenemende armoede-gelykheid en ras-gedrewe welsyn-vir-stemme.