Tweede fase van virus misleidend

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) se in sy jongste vrystelling dat die huidige skerp toename in Covid-19 infeksie gevalle kan toegeskryf word aan die tekort aan dissipline en toepassing van maatreëls.

Die WGO sê die pandemie is misleidend in die opsig dat ’n toename in infeksies word dikwels as ’n tweede fase van die pandemie gesien, terwyl dit nie noodwendig so is nie, maar toegeskryf kan word aan die verslapping wat regerings en inwoners later toepa.

Die geweldige toename in infeksies en sterftes in die wêreld is ’n ernstige bron van kommer, en ingeligte bronne beweer da die waaksaamheid nie verslap mag word in die volgende twee jaar nie.

Die totale infeksies in die wêreld het nou die 17 miljoen merk bereik en die sterftes nader die 700,000, wat ’n duidelike aanwyser is dat die maatreëls nie toegepas word nie, is gesê.