Trump standbeeld aan brand gesteek

Ui die Balkanstaat Slowenië is ’n standbeeld wat uit hout gesny is deur ’n beeldhouer, gister aan die brand gesteek deur vandale.

Die standbeeld van die Amerikaanse president se vrou, Melanie Trump, is in haar geboortedorp Sevnica, in Slowenië opgerig maar is op die Amerikaanse Onafhanklikheidsdag aan die brand gestee Brad Downey

Brad Downey, ’n Amerikaner en kunstenaar wat woonagtig is in Berlyn het gesê hy het die standbeeld van lewensgrootte so gou moontlik van die toneel verwyder nadat die polisie hom daarvan ingelig het.

Vir die mense van die dorpie waar Melanie gebore is, was dit nog altyd iets om op trots te wees dat ’n boorling van hulle plek die Eerste Dame van Amerika geword het, en kan nie verstaan wat probeer die vandale bereik met hulle optrede nie.

Die kantoor van Melanie Trump in Washington het nie gereageer op die voorval nie, maar waarnemers sê dit is vandale wat hulle vereenselwig met die onbehoorlike optrede van protesteerders in die VSA wat talle standbeelde beskadig het.