Troepe onttrekking uit Duitsland veroordeel

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se besluit om sy land se troepe te verminder in Duitsland, het hewige reaksie ontlok van Europese leiers.

Duitsland het ’n dringende beroep op die Amerikaanse president gedoen om nie die troepe te onttrek nie, en versoeke gerig tot die VSA se politici om nie aan die besluit uitvoering te gee nie.

In die Brief aan die VSA word gevra om nie deur die optrede die stewige band van vriendskap te skaad nie.

Die premier van die deelstaat Bayern-Württemberg Hesse and Rheinland-Palatinate het ’n skrywe gerig aan lede van die Amerikaanse Senaat en die Kongres in ’n poging om die terugtrekking van troepe te stop.

Minstens vier deelstate huisves elk ’n militêre basis van die VSA en die gevoel bestaan dat die drastiese vermindering in troepe verswak die krag van Navo en word beskou as die rugsteun vir Europa.

Die brief is aan minstens 13 senatore in die VSA gerig, waarvan senator Mitt Romney van die Republikeine ingesluit is.

Die onttrekking volg nadat president Trump herhaaldelik versoek het dat Duitsland meer moet belê in Navo, en nie die verantwoordelikheid op die VSA se skouers los nie.