Tesla wil duisende werkers aanstel

Die ruimtevaart tegnoloog en Tesla Motorvervaardiger, Elon Musk beplan om ongeveer 10,500 nuwe werksgeleenthede in Duitsland te skep.

Die aanstellings is moontlik om die Tesla motor vervaardigings aanleg in Duitsland te beman met drie skofte per 24 uur wat gewerk gaan word.

Dit is ietwat minder personeel as wat aanvanklik aangestel sou word volgens die aansoek om registrasie wat by die Duitse Departement ingehandig is.

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr wat in die VSA begin het met sy Tesla elektriese motorvoertuie, het ook ’n vervaardigings aanleg in Sjina begin, en is die wereld op die oomblik voor met die vervaardiging van elektriese motorvoertuie.

Die aanleg in Duitsland is besig om voltooiing te nader in die noorde van die land, waar Tesla beoog om 500,000 voertuie so gou moontlik te vervaardig in sy giga-groot aanleg wat oor 12 maande in bedryf gestel sal word.

Die vervaardiger hoop om drie werk skofte per 24 uur in te stel wat elk deur 3,500 werkers beman sal wees, om optimale produksie te verseker.