Tesla motors geprys deur kenners

Die motorvervaardiger Tesla Inc. word deur deskundiges hoog aangeslaan en reken die vervaardiger kan die wereld se leier word op die gebied van die vervaardiging van moderne elektriese motorvoertuie.

Die ontwikkelaar, Elon Musk, boorling van Suid-Afrika, en ruimtevaart tegnoloog, het die afgelope maande getoon dat die vooruitgang in die motor vervaardigings bedryf hom op die weg plaas om ’n wêreldleier te word.

Musk het die voortou geneem in die vervaardiging van elektries aangedrewe motorvoertuie, en die nuutste aanleg wat nou in Duitsland opgerig word, kan Tesla Inc die voorste vervaardiger in die sektor maak.

Selfs die Duitse vervaardiger Daimler AG wat die Mercedes Benz vervaardig, moes sien hoe die Tesla hoof, Elon Musk, ’n nuwe benadering volg wat die gevestigde stelsels oorheers en Tesla op die voorpunt plaas.

Die dinamika van Tesla Inc het uiteindelik daartoe gelei dat Daimler   ’n 10% aandeel in die nuwe mededinger moes koop om in pas te bly met die bedryf se jongste rigting.