Terug na Fase 5 – slegte nuus

Professor Lesiba Teffo sê elke provinsie moet beoordeel word op sy eie meriete in terme van die aantal infeksies, in stede daarvan om al die provinsies onder dieselfde kam te skeer met die koronavirus pandemie.

Oproepe van verskillende instansies dat die land terug op Fase 5 moet kom, word deur politieke ontleders beskou ’n noodsaaklike stap in die lig van die sterftes en hoë infeksie syfers.

Meningsverskil bestaan egter oor wat gedoen moet word, en die mees aanvaarde beginsel is dat elke provinsie beoordeel word, en dat oorweging gegee moet word aan die moontlikheid om Gauteng terug te druk na Fase 5.

Ekonome sê die evaluering van elke provinsie kan help om die land se ekonomie staande te hou anders kan die land nie die mas opkom met ’n algehele terug na Fase 5 nie.

Kenners waarsku dat alhoewel mense se lewens op die spel is, kan die algehele terugkeer na Fase 5 die land so laat steier dat opstaan nie weer moontlik sal wees nie en ’n tweede Zimbabwe tot gevolg hê.