Taxi oorloë is van die verlede – of nie?

Taxi oorlog:  is dit ook ’n moontlikheid van die hede?

Die taxi oorloë van die verlede moet deur die huidige bedryf besef dat die dae van oorlog onder mekaar iets van die verlede is sê die ANC se Jacob Mamabolo.

Die hoof van Gauteng se Openbare Vervoer, Jacob Mamabolo, moes noodgedwonge ’n hof interdik bekom om te verhoed dat ’n bepaalde taxi vereniging (assosiasie) wat ontwrigtend optree in die diens te Johannesburg, tot orde geroep word deur die loop van ’n geweer.

Vrese het onder sekere taxi eienaars ontstaan dat die dae van hernude taxi “oerwoud konflik” soos in die verlede.

In ’n verklaring sê die provinsiale regering dat die verkryging van ’n interdik ’n oorwinning is vir stabiliteit in die taxi industrie sowel as vir die openbare gemeenskap.

Die interdik is bekom teen die Johannesburgse Minibus Taxi Assosiasie wat wou keer dat ’n ander taxi groep die Taxi parkeerruimte in Johannesburg mag gebruik, wat glo sou lei tot ’n gewelddadige verset.