Talle sterf in Soedan gevegte

Sowat 500 gewapende mans het die gemeenskap in Masalit, by Darfur, aangeval en begin skiet onder die inwoners en talle woonhuise afgebrand.

Die Verenigde Nasies sê in ’n verklaring die inwoners van die gebied het die owerheid gevra om groter beskerming te bied, maar die inval deur 500 gewapende mans sou kwalik deur regeringstroepe gestuit kon word.

Benewens die talle woonplekke wat in vlamme opgegaan het, is minstens 60 mense gedood in die skietvoorval, en sowat 70 het wonde opgedoen.

Die aanval is een van ’n reeks soortgelyke aanvalle wat deur gewapendes uitgevoer was in die afgelope weke waar verskeie plattelandse dorpies deurgeloop het onder die geweld van rebellegroepe.

Die inwoners sê hulle het besluit om geeneen van die oorledenes te begrawe nie, totdat die owerheid deeglik kennis geneem het van die krisis en optree teen die geweldenaars.

Terreurgroepe het die afgelope jaar begin fokus op lande in die Sub-Sahara gebied van Afrika, en ht veral van die lande ’n teiken gemaak waar die weermag nie goed ingerig is nie.