Tabak-oorlog nog nie by vrede nie

Terwyl die SA Inkomste Diens miljoene Rand elke maand verloor weens die verbod op verkope van sigarette en ander tabak produkte, sit menige tabak smouse met miljoene Rand wat verkry is met die verkoop van gesmokkelde sigarette.

Die dringende aansoek na die Hooggeregshof van die tabak reus British American Tobacco South Africa (Batsa) kom nadat president Ramaphosa gesê het dat sigaret verkope mag voortgaan in Fase 4.

Die volgende dag verklaar Minister Dlamini-Zuma dat geen tabak verkope toegelaat word nie en dat tabak steeds nie verhandel mag word nie.

Die regering het vir uitstel gevra om gereed te maak vir die hofsaak, en Nkosazana Dlamini-Zuma benodig ook uitstel van die saak weens “geskeduleerde komplikasies”.

Ingeligte bronne reken die president en die omstrede minister is dalk nie meer so gretig om in die hof te wees nadat die tabak maatskappy sy antwoorde verstrek het in die opvolg dokumente nie.

Die regering sal deeglike bewyse aan die hof moet voorlê as hulle die saak wil wen, maar die moontlikheid bestaan dat die regering die verbod op sigaret verkope gaan ophef voordat hulle in die hof moet verskyn.