Swak beheer laat skole sluit

Die swak beheer by menige skole word al duideliker met die deurlopende sluiting wat genoodsaak word weens koronavirus infeksies.

Die skokkende nuus dat die Vrystaatse skool, Eunice Hoër Meisieskool van Bloemfontein ook Vrydag sy deure moes sluit weens ’n infeksie geval, het weer talle vrae laat ontstaan oor hoe die skooljaar vir leerlinge verloop met so baie onderbrekings en die moontlikheid van nog sulke sluitings.

In Sentraal Transvaal (Gauteng) is sowat 170 skole geraak en moes een na die ander hulle deure sluit, terwyl ander provinsies dieselfde probleem ondervind.

Oproepe en betogings dat alle skole eers gesluit moet word en kinders huis toe gestuur moet word, us volgens kenners ook nie die finale antwoord nie. Die verweer is dat kinders nie tuis bly nie en in winkels rond swerf om daar infeksie op te doen en te versprei.

Onderwysers is bekommerd dat die skooljaar nie goeie resultate gaan lewer nie, en word leerlinge in sommige skole hard gedruk om optimale studie tyd in te sit sodat die volgende graad nie met ’n “leemte in kennis” is nie.