Swaar straf vir geldwa rower

’n Rower en moordenaar wat deur die Hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind is het nie net tronkstraf van twee keer lewenslank gekry nie.

Die 40-jarige man, Stanford Manoko Diagoane, is twee keer lewenslank tronk toe vir die moorde op twee sekuriteitswagte tydens sy pogings om ’n geldwa te beroof.

Hy is ook 130 jaar bykomende tronkstraf opgelê vir sy talle rooftogte oor die afgelope jare, en vir die besit van menige vuurwapens in sy besit sonder lisensie waarmee verskeie rooftogte uitgevoer is.

Die hof het in sy uitspraak gesê die man is onbevoeg om ’n wapen te besit, en behoort in die tronk te bly weens sy benaderings in die samelewing.

Die Valke eenheid wat Diagoane aangekeer en vervolg het, het hul tevredenheid uitgespreek oor die hof se bevinding en die straf wat opgelê is.