Spur se baas “tree uit”

Die uittrede (vroegtydig?) van die Hoof Uitvoerende Beampte, Pierre van Tonder, van die Spur groep word vanuit behoudende kringe verwelkom.  Van Tonder se siening en anti-blank optrede na die sg. Rasse voorval in een van die ketting groep se restaurante het ‘n aaklige smaak in vele Afrikaners se monde gelaat.

Sy “ingryping” en hulp aan die te nagekome agtergeblewe swart ouers het vele van die ketting groep se restaurante bykans geruineer nadat Blankes begin het met ‘n “Boikot-Spur” beweging.

Die Spur groep se aandele het met bykans 40% gedaal sedert die begin van 2020 wat grootliks toegeskryf kan word aan die grendel-sluiting wat restaurante van inkomste ontneem het. 

Volgens besigheids makelaars is restaurante tans beskikbaar of te koop teen weggee pryse.  Dalk het mnr. Van Tonder besluit om die sinkende skip en bedryf te verlaat.