Sosialistiese aanslag deur ons geskiedenis

Gedurende 1806 het die dodelikste virus wat nóg die mensdom getref het, ook in SA sy opwagting gemaak.

Saam met die Britse oorname van die Kaap, is die liberale humanisme ook hier aangedra – erger as kakiebos!

Liberalisme en humanisme is wesentlik twee gesigte van dieselfde dodelike pes.

Vrysinnige mense-menings verplaas die objektiewe reg wat tekenend is van ʼn Christelike lewensbeskouing.

Juis omdat die pes verdoesel was in “sending”, het dit nie net die samelewing besoedel nie, maar ook die kerke – die plaaslike bastion teen die leuen en die vader daarvan!

Telkens het liberale oogmerke aanleiding gegee tot vernietigende aanslae op ons volk.

Maar die negentiende eeu het nog ruimte – fisies en geestelik – gebied om onder die verderf van die liberalisme uit te trek.

Maar uiteindelik het die materialisme gelei tot twee vernietigende oorloë (na talle laer intensiteit anneksasies en ander onregte) teen ons volk.

Maar die liberalisme wat tussen 1882 en 1899 posgevat het, het uitgemond in twee vernietigende volks-virusse:

            Liberale materialisme, vergestalt deur joiners en “oorlogs-winsbejag” 1900-02.

            Uitlander-vakbondwese, wat ‘n grondvlak opsweepbare massa daargestel het.

(gedurende die nywerheids-omwenteling het vergrype in die Europese fabriekswese die kommunisme en die vakbondwese gebaar, brein-kinders van liberale denke)

Beide hierdie het na 1902 gretige bondgenote gevind in party-politiek, en die jingo-pers.

Britse jingo-“kapitaliste” sou tot ongeveer 1940 Afrikaner besighede en -werkers onderdruk.

Na 1948 het hulle op die NP-rug gery, maar heimlik teen afsonderlike ontwikkeling gewerk. (verwys na onder andere die berugte Rupert/Verwoerd dispute)

Met die netwerke van die sanksie-jare het geld-magnaat families skatryk geword – net om SA klakkeloos te help oorlewer aan die ANC toe “Kommunisme tot ‘n einde kom” in 1989.

Sedertdien word SEB, gelyke indiensneming en “liefdadigheid” aan voorgeskrewe projekte meermale vrywillig bevorder deur hierdie selfde “kapitaliste”

1902 – TMA is gestig kort na die bitter vrede.  Dit spreek boekdele van die ware motiewe van die jingo-“kapitaliste” met hul imperial drome, en die vakbondwese.

Vir die eerste maal in ons geskiedenis pluk ons die wrang vrugte van arbeid-party politieke samewerking.

As MWU sou die vakbondwese die voortou neem in die onderdrukking van Afrikaner mynwerkers en ander …

Latere pogings van dr Hertzog was op die lang duur in die finale uitkoms onsuksesvol.

Die post-1948 MWU het op die oog af die volksaak gedien, maar soos die “Afrikaner-establishment”, het ook MWU reeds vroeg ontspoor weens eiebelang en die inherent korrupte gemene grind wat politici en die vakbondwese se bande sedert die negentiende eeu kenmerk.

Vandag woeker daardie vakbond-eiebelang voort, tot vernietiging van talle Chrtstelik-volkseie aksies.

(Terwyl ooglopend goeie werk gedoen word – wat duisende mense bluf – word die inherente sosialistiese aard van die vakbondwese mis gekyk, maar ook opsetlik verdoesel deur woord-roof en oneerlike woordspel.

Die noodwendige vrug van die liberale denkwyse –  dat alles sogenaamd “relatief” is, dat ons moet “aanpas”, verwysings na “nuwe werklikhede” is die lokwoorde van die humanisme – dieselfde lokwoorde van Eden en alle afvalligheid sedertdien.

WANT in die finale instansie wentel sosialisme om MAG.  En menslike magsug móét uiteindelik God verwerp en homself handhaaf.

Daarom sal sosialisme misluk – maar dit misluk altyd saam met vernietigende gevolge, die gevolge van mags-mens se opstand en die gevalle mensdom se blinde ongeloof.