Sosialisme – SA werklikheid sedert 1994

In ons vorige bydrae het ons sosialisme definiëer, die verskyningsvorme daarvan in oënskou geneem en die inherente vergrype daarvan breedweg toegelig.

Stalinisme en Moaïsme is die twee primêre beïnvloeders van die ANC se beleidsrigtings.

Nelson Mandela – geweldenaar en kommunis – het SA doelbewus op die weg na kommunisme geplaas in 1994 en so sy lewenslange strewe vir ‘n magstaat in SA tot volvoering gerig.

Sosialisme, langs die rewolusionêre weg na die kommunistiese vorm, was uit die staanspoor die doelwit van Mandela:

ʼn doelwit waarvoor hy en mede-samesweerders Sisulu en Slovo die ANC in die jare vyftig gekaap het en waarvoor hy die weg van terreur en geweld by voorkeur VERKIES het.

(verwys na die outo-biografie “Long walk to freedom” – daarin spog hy met huyl “sukses” in die laat jare vyftig, om die ANC se leierskap onder Albert Luthuli susksesvol onderwyn en marginaliseer het, ten einde MK te stig en onder SAKP leiding tot geweld oor te gaan.

Lees ook sy persoonlike manifes, “How to be a good communist”.)

Kom ons verbind ‘n paar kolletjies, ten einde die monster van ANC-sosialisme vir lesers duideliker te maak:

Die belewenis van die ware slagoffers in SA – die minderhede sonder effektiewe politieke inspraak – sedert 26 Maart 2020 is vol lewenslesse vir wie bereid is om daaruit te leer.

Die mags-sentralisering deur die regering toon ooglopende sosialistiese kenmerke, en daardie kenmerke is die spreekwoordelike kolle waaraan die luiperd geken word – en gedragspatrone herhaal homself áltyd.  Nou beleef ons “MAG IS REG” pynlik direk.

Die regering het blatant belastinggeld kanaliseer na groepe – die sogenaamde “township” ekonomie, swart besighede / “boerderye” en die taxi industrie.

Dit is gedoen ten spyte van die feit dat hierdie sektore by uitstek bewys is as belasting ontduikers.

Teen hierdie agtergrond, is meeste belasting-betalende besighede blootgestel aan vernietigende inperkings, verhoogde onkoste, sonder enige vorm van hulp.

Sosialisme is kollektivisering; kommunisme bereik dit langs die pad van geweld.

Sosiaal-demokrate langs sogenaamd “demokratiese” weë – meerderheid besluite.

Verstaan u nou die sluimerende gevaar van die opruiende gedrag uit sekere oorde?

Wanneer gemanipuleerde “demokrasie” nie voldoen aan vals verwagtinge (oftewel afgunstige gierigheid) nie – geweld!

Die voortslepende moord op ons boere en ander weerlose groepe spreek vanself …

Ouers word voorgeskryf oor wanneer kinders mag terugkeer skool toe, terwyl die owerheid bykans geen alternatiewe strategie het om leerlinge te ondersteun nie.

In skrille kontras het privaat skole spoedig aangepas en aanlyn-hulpmiddels ingespan om virtuele skool moontlik te maak.

In stede van ondersteuning, hoor ons die klagte-koor van “ongelykheid” en “bevoorregting”.

Hierdie is die tipiese misleidende klassisme waarmee die sosialis die produktiewe lede van die samelewing verdag maak by die meerderheid, en wat dan misbruik word om rewolusie te stook.

Sosiale afstand en maskers (“ter wille van gesondheid”) word afgedwing – ‘n  verskyningsvorm van maatskaplike vorming. (“social engineering”)

Dit is ingestel op die afbreek van natuurlike bande tussen familie en volks-gemeenskappe, met die teiken weer eens minderhede.

(nuusberigte van lukrake ignorering van regulasies in meerderheid-buurte is afdoende bewys.)

Verstaan u nou beter hoe gedwonge assimilasie tot een reënboog-geheel, met “nuwe” simbole en ikoniese persoons-verheerliking subtiel voortgaan?

En die klassifisering van mense as tweedeklas-burgers in die grondwet, met die sub-teks van sogenaamd “bevoordeeld” – op grond waarvan honger mense geen kos of ander lewensmiddele gegun word nie …

Hoe lank, dink u, voordat sogenaamde “groot besigheid” – wat reeds aktief rasse-diskriminasie kwota’s vrywillig toepas – die regering hierin begin steun?

Dan word enige handel voorwaardelik op verklaarde regerings-steun …

Big Brother …  Brave new world …