Sosialisme – basterkind van die liberalisme

In ’n onlangse bydrae het ons “sosialisme” en die verskyningsvorme daarvan in oënskou geneem.

Ten eerste móét ons die definisie duidelik stel – en “sosialisme het slégs een korrekte definisie:

’n Stelsel afgestem op die ALGEHELE afskaffing van privaat-besit, sosialisering van PRIVAAT produksiemiddele en uiteindelike inkomste-GELYKHEID (vir almal behalwe die maghebbers).

Verskyningsvorme mag dalk die klem of die pad tot verwesenliking verskuif, maar die kern bly vernietigende, arbitrêre gelykheid.

Voorts verwar baie mense verwar “sosialisme” met “kommunisme”:

laasgenoemde strewe na sosialistiese uitkomste langs die weg van rewolusie en totalitêre beheer – die spreekwoordelike stok!

sosiaal-demokrate hou slegs die sweem van “demokrasie” in stand, op weg na dieselfde vernietigende doelwit van sosialisme – die spreekwoordelike wortel …

Tweedens moet mense verstaan dat die post-moderne relatiwiteit – die vals en vernietigende standpunt dat enige mening geldig is en teen alle argumente in respekteer móét word – daartoe lei dat geskiedenis deurlopend her-interpreteer word.  Die vergrype van sosialisme sedert die 1850’s is dus reeds grootliks vergete.

Daar is, naas die vasstel van die definisie, ’n noodsaak aan die KORREKTE begrip van “lewensbeskuing”:

Elke “-isme” spreek van ’n lewensbeskouing.

Daar is vele “-isme’s” – élkeen die vrug van liberale menslike filosofieë.

Daar is slégs twee lewensbeskouings:

Een korrekte, wat setel in God, Sý Woord, die suiwer verstaan en toepassing daarvan.

Een valse groepering van beskouings, wat álmal setel in die anti-Chris, ongeag die onderliggende filosofieë.

Die Christelike lewensbeskouing bou; dit lewe verantwoordelik, vlytig, as rentmeester, is mededeelsaam en regverdig in handel en wandel.

Die ander lewe afbrekend, in relatiewe en onverantwoordelike ongebondenheid, is wese selfgeldend en selfsugtig in eiegeregtigheid.  (ongeag die graad daarvan)

Maar “ongebonde” beteken nie sonder reels nie!

Die reëls is egter arbitrêr en na die willekeur van die heersende maghebber – tans die massa-mens met hul liberale gelykheid-strewe.

Maar uiteindelik is daardie mense slawe van hulle meester, die vader van die leuen, en sy leuenagtige vals profete –

in die vorm van wêreld (mis)leiers, sakereuse en ander sogenaamde “beïnvloeders”.

(natuurlik kan Christene ook fouteer deur afbrekend, onverantwoordelik, selfgeldend of eiegeregtig op te tree by tye – dit is egter bloot menslike swakheid, wat hulle dan bely en laat staan; dit is nie hulle norm en doelgerigte lewe nie

In afgelope weke en maande is ons lewens oor gereguleer, onregmatig ingeperk;

daar was die tragedie van honger, koue en naakte mense wie hulp ontsê was deur die regering “omdat julle nie ons mense is nie”. (eufemisme vir “blank”)

die vernietiging van privaat ondernemings.

ontsegging van belasting-befondsde hulp aan belastingbetalers …

Hierdie onreg staan sentraal in vele besware en verontwaardigde menings in die media, op sosiale platforms en (ten goede) sien talle-duisende mense die huidige regering se diepste wese – onherstelbaar korrup en walglik in hul haat.

MAAR die meerderheid van daardie mense mis die TOTALE AANSLAG teen ons!

Inteendeel, die “totale aanslag” word steeds afgelag – alhoewel die grynslag nie meer so skerp is as voorheen nie …

Stadig maar seker begin ’n monster sigbaar raak …

In ons volgende rubriek lig ons dit verder toe.