Sonkrag floreer in VSA

Uit Los Angeles word berig da die sonkrag bedryf in ’n massiewe opwaartse groei gekom het sedert die koronavirus pandemie die land getref het.

Die geboue se dakke ondergaan ’n metamorfose en in menige gevalle word die hele dak met sonpanele uitgelê wat goedkoper en betroubare kraglewer aan die verbruikers.

Die skielike opwaartse neiging in die bedryf het nie net sakeondernemings beweeg om van son energie gebruik te maak nie, maar duisende huiseienaars spandeer baie geld om van die stelsel gebruik te maak.

In die stryd om oorlewing, het verskeie sakeondernemings die installeer van sonpanele as ’n nuwe bedryf begin ten einde die kontantvloei te herstel wat ernstig geknou is deur die inperkings maatreëls.

 Van die maatskappye gebruik hommeltuie in die oprigting van stelsels en digitale stelsels word gebruik om so vinniger te werk en die geklop aan deure uit te skakel.

Maatskappye beweer dat hulle nou aansienlik minder aan die kragvoorsieners moet betaal, en in talle gevalle is daar geen verdere betalings wat aan die munisipaliteit of die kragvoorsiener betaal nie.