Skole sluit een maand lank

Die aankondiging van president Ramaphosa dat die kabinet besluit het om skole weer te sluit vir ’n maand, is met gemengde gevoelens begroet.

Ingeligte bronne is van mening dat die besluit geneem is uit hoofde van die druk wat deur vakbonde toegepas is, en dat die geveg tussen die Minister van Basiese Onderwys en die Vakbonde hierdie keer in die guns van die vakbonde geëindig het.

Verskeie instansies wat ten gunste van voortsetting van onderrig in skole is, het hulle teleurstelling uitgespreek oor die aankondiging, en reken die kinders se skooljaar word nou ernstig benadeel terwyl die kinders steeds in strate en winkelsentrums rond drentel waar hulle infeksie kan opdoen.

Die geweldige styging in infeksies in die land, en die hoë sterftesyfer het egter die deurslag gegee waarom skole sluit en eers weer heropen op 24 Augustus.