Sjina plaas erge druk op Taiwan

Taiwan word onder geweldige druk geplaas, en die owerheid se verteenwoordigers in Hong Kong sê Sjina dreig om nie hulle visums te hernu as hulle nie na Sjina se pype dans nie.

Die kommunistiese regering van Beijing het besluit tot die stap as die Taiwanese nie bereid is om ’n dokument te onderteken ter ondersteuning van die Sjinese eis dat Taiwan deel is van die sogenaamde “Een Sjina” beleid nie.

Die inligting is bekend gemaak deur ’n persoon wat direk betrokke is by die Taiwanese owerheid, en die optrede van Beijing word as afdreiging gesien wat tot ’n gevaarlike situasie kan lei.

Die optrede van kommunistiese Sjina volg nadat die Taiwanese regeing hom sterk uitgespreek het teen die sogenaamde “veiligheidswet” wat Beijing op Hong Kong afgedwing het.

Die nuwe wet het menige inwoners van Hong Kong laat besluit om die stad te verlaat en elders ’n heenkome te vind.