Sjina lanseer satelliet na Mars

Sjina het Donderdag ’n onbemande satelliet na Mars gelanseer wat ondersoek sal doen na die omstandighede op die Rooi Planeet.

Ingeligte waarnemers sê die Sjinese se lansering van die vuurpyl word ook beskou as ’n vertoon van die land se tegnologiese vermoë om die ruimtevaart te ontwikkel.

Sjina is hard besig om op tegnologiese gebied homself in te grawe om die wêreld se erkenning af te dwing dat hy onderweg is om ’n wêreldleier te word.

Die lansering is Sjina se eerste poging om ’n waarnemings satelliet na ’n ander planeet te stuur, en die Long March 5 Y-4 vuurpyl wat van Sjina se Wenchang Ruimtevaart Sentrum afgestuur is, sal na verwagting Mars bereik oor sowat 90 dae.

Tianwen-1 aan boord is ’n ses wiel apparaat wat op Mars neergelaat sal word om inligting terug te stuur oor ’n afstand van sowat 55 miljoen kilometer. Tianwen-1 het glo veelvuldige toerusting wat ingebou is in die 240 kg struktuur, maar sal eers na twee of drie maande op die oppervlakte neergelaat word.