Sjina kan inmeng in VSA verkiesing

Die gewilde Sjinese video stelsel, Tik Tok, kan moontlik ingespan word deur die kommuniste om “ontslae te raak” van die Amerikaanse president.

’n Groot aantal invloedryke Republikeine in Amerika se Senaat het hulle kommer laat hoor oor die moontlikheid dat Sjina sy Tik Tok kan gebruik om teen President Donald Trump te werk in die November presidentsverkiesing.

In ’n brief wat hierdie week deur Senatore, waaronder Marco Rubio en Tom Cotton, saam met ander onderteken is, verwys na die moontlikheid wat tot nadeel van president Trump se verkiesingsveldtog kan strek.

Die internet gebaseerde Tik Tok van Sjina word beskou as ’n gewilde video stelsel waarmee die land sy propaganda en sosiale vermaak die wêreld instuur.

Die Republikeine is erg bekommerd dat Sjina die stelsel kan gebruik in die verkiesing soos wat hy ook doen met propaganda wat teen verskeie minderheidsgroepe in Sjina gebruik word.