Sjina in nuwe vlaag Covid infeksies

Sjina het die naweek aangekondig dat 46 nuwe gevalle van Covid-19 infeksies die land getref het die voorafgaande 24 uur tydperk.

Dit wil lyk of Sjina sy tweede vlaag infeksies in die gesig staar, en van die jongste voorvalle is aangemeld uit die Xinjiang streek in die verre weste van die land.

Xinjiang het 34 gevalle aangemeld, en die res het voorgekom in die noordelike provinsie Liaoning.

Die vorige 24 uur tydperk het Sjina 74 nuwe gevalle aangemeld, wat die land nou ’n nuwe totaal van 83,830 gevalle infeksies gee.

Die inligting is die afgelope naweek deur die Nasionale Gesondheid Kommissie vrygestel, en waarnemers reken ’n tweede vlaag wat ’n nuwe pandemie kan beteken, is aan die ontwikkel in die land.