Singapoer regering wen verkiesing

Die pas afgelope algemene verkiesing in Singapoer het ’n klinkende oorwinning gebring vir die regerende party, maar die uitslag toon ook ’n verrassende styging in die ondersteuning van die opposisieparty.

In sekere distrikte van die wêreldstad was die oorwinnings naelskraap, en kom as ’n waarskuwende rooi lig dat die regering sy beleid sal moet aanpas.

Die PA Party het egter 61% van die stemme getrek en daarmee 83 van die 93 setels verower, alhoewel ’n ligte skok gekom het toe die Werkersparty die ander 10 setels ingepalm het.

’n Politieke ontleder in die stad, Eugene Tan, het later gesê die regerende party sal met ’n verbeeldingryke plan na vore moet kom as hulle die opkoms van die Werkersparty wil stuit.

Eerste Minister Lee Hsien Loong is reeds sedert 2004 in beheer van die stad se regering, en het met die huidige verkiesing sy laaste termyn as premier verseker, waarna hy sal uittree.