Sentraal Transvaal terug na Fase 5?

Die geweldige groot toename in nuwe infeksies wat in Sentraal Transvaal (Gauteng) in die afgelope week aangeteken is, laat sommiges vra dat die provinsie terug beweeg na Fase 4 of selfs Fase 5.

Die provinsie wat die grootste ekonomiese aktiwiteite in die land huisves, se terugbeweeg na die harde Fase 5 inperking sal ’n skok vir die land se ekonomie in geheel beteken.

Gister het die provinsie se premier die jongste syfers bekend gemaak van die koronavirus se status en dit dui op ’n geweldige vinnige toename in nuwe infeksies, terwyl die sterftes ewe vinnig toeneem.

Al meer stemme gaan op dat die provinsie nie in Fase 3 kan voortgaan terwyl die verspreiding van Covid-19 teen die huidige tempo toeneem nie.

Die provinsie se premier het egter gesê ’n strenger toepassing van maatreëls is nie vir die provinsie in oorweging nie maar die situasie word goed gemoniteer.