SANParke wil honderde diere verminder

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANPark) word genoodsaak om honderde wilde diere in sy parke te verminder wees ’n oorbevolking.

Dit is klaarblyklik in die kleiner wildparke waar die probleem die grootste is, en nou word beplan oor wat gedoen moet word om die diere getalle te verminder.

SANParke sê die vermindering is noodsaaklik om te voorkom dat die parke se weiding verniel en oorbewei word, en kan ook ekonomiese gevolge inhou as vermindering nie gedoen word nie.

Tenders is uitgesit in die onlangse verlede vir die vermindering van diere waarvan soveel as 600 volstruise, 200 gemsbokke, 200 springbokke, 100 koedoes, 100 zebras, en nog talle ander diere verkoop of gejag kan word.

’n Totaal van sowat 2,600 diere sal verminder moet word wat ook ’n finansiële inspuiting vir die parke kan wees wat tans ’n sukkelbestaan moet voer.