SAL mag weer vlieg

Die bankrot SA Lugdiens se sake reddings praktisyn se aanbevelings aan die entiteit se krediteure is aanvaar om met afleggings van personeel te begin.

Selfs die vakbonde se argumente het nie water gehou nie, en moes toegee dat dit die beste oplossing is om die redery van finale sluiting te red.

Na deeglike uiteensetting van die tersaaklike feite is die Sake Reddings Praktisyn (SRP) se voorlegging aanvaar     

Die aanvaarding van die plan word allerweë beskou as ’n oorwinning van die SRP oor die ANC regering wat sou verkies dat die SAL se deure gesluit kon word sodat hulle ’n nuwe redery kon begin soos wat minister Pravin Gordhan probeer het om mense t beweeg om teen die SRP se plan te stem.

Die Departement van Openbare Ondernemings van Minister Gordhan is nou verplig om dit uit te spel waarheen hulle hul gaan wend om fondse te bekom om die beloftes aan die SRP na te kom.

Die reaksie van die SA Lugdiens Vlieëniers Vereniging word ook met spanning afgewag wat ’n beduidende invloed kan uitoefen op die voortgang van die redery.

Hoe lank SAL met die SRP se bestuursplan gaan volhou om in die lug te bly, sal die tyd SA leer, en is die hoop uitgespreek dat alles nou reggestel word, alhoewel dit ’n lang tyd van moeilike voortgang sal wees.