SAL gaan belastingbetalers miljarde kos

Die besluit om die bankrot SAL te red van likwidasie is waarskynlik nie so ’n goeie roete om te volg nie, se finansiële kenners.

Die indruk word geskep dat die krediteure ten gunste van voortgang gestem het omdat hulle poog om likwidasie te vermy wat hulle groot verliese sou meebring.

Kenners wys daarop dat die reddingsplan die belastingbetaler na raming tot soveel as R16 miljard kan kos as alles in ag geneem sou word.

Dit laat die vraag ontstaan of ’n nuwe redery ’n beter opsie sou wees, maar daar bestaan ook bedenkinge oor so ’n moontlikheid, want vrees is uitgespreek dat ’n nuwe redery ook geld gaan kos, en daar is geen waarborg dat die nuwe entiteit ook maar dieselfde roete gaan volg op ekonomiese gebied nie.