Sakemanne: Beterskap maar nie normaal

Met die verandering na Fase 3 van die inperkings maatreëls is ’n oplewing in die ekonomie waarneembaar, maar die oplewing het ook sy groeipyne.

Suid-Afrika se vervaardiging sektor het ’n aansienlike verbetering getoon in Junie teenoor die vorige maand, maar die verbetering is nie die einde van die inperking maatreëls nie.

In die sakesektor van handel en kleinhandel is ’n soortgelyke tendens waargeneem, maar die 45 punte styging is nog nie by die 100 wat dit behoort te wees nie.

Te midde van verslae wat ontvang is en ’n duidelike aanwyser is dat die ekonomie sy kop wil optel, is die stand na normaal nog vêr en buite bereik.

In die komende maande sal die sakesektor alles moontlik doen om sy herstel te bespoedig, maar die enorme werkloosheid is knelpunt nommer een wat die totale koopkrag nadelig geraak het, en sonder die aktiewe steun om mense weer in diens te stel, gaan die ekonomiese situasie nog lank sukkel om na herstel terug te keer.

Baie het hulle werk verloor, wat die binnelandse koopkrag beïnvloed, en in die buiteland is dieselfde elemente teenwoordig, wat ook die volume van SA se uitvoere benadeel, wat ’n situasie skep van almal wag vir almal om te herstel.