SA virus status

Die jongste beskikbare gegewens van die stand in SA oor COVID-19 is steeds kommerwekkende.

Die herstel van 47,5% toon nie ’n baie belowende herstel tempo nie en het op 93,315 te staan gekom.

Op 5 Julie het SA 187,877 infeksie gevalle en 3,199 sterftes volgens die Minister van Gesondheid.

Op die datum is 173 sterftes aangeteken vir die 24 uur tydperk, waarvan Gauteng 71 sterftes het.

In die 24 uur tydperk is 8,773 nuwe gevalle aangemeld wat veroorsaak dat hospitale in veral stedelike gebiede besig is om na volle kapasiteit te gaan.