SA Virus status

Die totale aantal nuwe gevalle van COVUD-19 infeksies styg daagliks met bykans 9,000 gevalle, en kenners meen dit sal binne enkele dae die 10,000 merk bereik

Die volgende gegewens is vir die voorafgaande 24 uur tydperk aangekondig.

Nuwe gevalle   –  8,728

Mense getoets        – 1,7 miljoen

Positief getoets       – 168,061

Pasiënte herstel       – 81,999

Sterftes                  – 2,844

Vrees bestaan dat die skerp toename in nuwe infeksies in Gauteng die regering gaan noop om terug te keer na Fase 4 of selfs Fase 5 van die inperkings maatreëls.

Meningsvormers reken dat die regering han besluit om sekere maatreëls van Fases 4 en 5 in te stel in die provinsie wat tans die grootste toename in nuwe getalle toon.

So ’n maatreël sal ’n ekonomiese ramp wees wat honderde sakeondernemings sal dwing om hulle deure finaal te sluit.