SA virus status

Die Minister van Gesondheid het die jongste syfers bekend gemaak oor die koronavirus status in Suid-Afrika.

Die totale infeksies het Woensdagmiddag gestyg tot 159,333 gevalle wat ’n skerp toename is van 8,124 vir die 24 uur tydperk.

Minstens 92 mense het omgekom in dieselfde tyd en bring die totale sterftes op 2,749 te staan.

Die aantal pasiënte wat reeds herstel het word gestel op 76,025 .