SA ontoereikend met entstof toetse

Professor Shabir Madhi, die hoof van die span wat toetse moet uitvoer met die nuwe Oxford entstof teen die Covid-19 virus, sê dit mag wees dat SA nie aan die verwagtinge kan voldoen om toetse doeltreffend uit te voer nie.

Die teleurstellende opmerking het die wenkbroue laat lig onder duisende mense in die land, en veral as na die rede gekyk word wat die professor aanvoer.

Hy sê die geweldige styging in die getalle wat positief toets vir infeksie, is so drasties dat dit moeilik is om 2,000 vrywilligers te vind wat negatief toets om aan die projek deel te neem.

Ingeligte bronne wys daarop dat Suid-Afrika onbewus is dat vrywilligers gesoek word om deel te neem, en verkwalik die regering daarvoor omdat dit opsigtelik weerhou word van die Afrikaanse pers.