SA onderteken brief oor entstof

In ’n brief wat deur verskeie lande onderteken is, word versoek dat die verspreiding van ’n entstof vir die behandeling teen koronavirus infeksie, regverdig en eweredig versprei moet word.

Die president van Suid-Afrika is een van die ondertekenaars van die brief, en Kanada se premier, Justin Trudeau, het ook die dokument onderteken.

Die vrees bestaan dat die ryk en welgestelde lande van die wereld die entstof kan opkoop en daarmee die armer lande aan hulle genade oorlaat tot die ryk lande hulle mense behandel het.

Die brief lui dat entstof die mees kragtigste instrument is om mense gesond te hou, en moet daarom aan ryk en arm lande eweredig versprei te word.

Kommer bestaan dat talle lande soos Duitsland die produksie kan opkoop voor enige iemand anders daarop beslag kan lê, wat waarskynlik ook aanleiding gegee het tot die brief wat onderteken is deur agt lande.

President Trump was eerste om op aggressiewe wyse bekend te maak dat as die VSA ’n entstof het, dit nie aan Sjina beskikbaar gestel sal word nie.

Ander lande wat die brief onderteken het is die regeringshoofde van Nieu-Seeland, Swede, Suid-Korea, Ethiopië, Spanje en Tunisië.