SA nou byna vierde met infeksies

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het die afgelope Saterdag bevestig dat die Covid-19 infeksie gevalle gestyg het tot ’n vlak wat die land nou byna vierde op die lys van die meeste infeksies geword het.

Saterdag het die totale aantal gestyg tot 350,879 wat ’n toename van 13,285 was vir die 24 uur tydperk.

Die sterftes het in dieselfde tyd tot 4,948 gestyg wat ’n vermeerdering van 144 vir die dag was.

Die kommerwekkende tendens moet ook in ’n ander lug gesien word, sê deskundiges wat die verloop in SA moniteer. Die gevaar dat gesonde mense die infeksie kan opdoen word al groter na mate die infeksie gevalle vermeerder, en die moontlikheid om al die gevalle in self-isolasie te kry, word al kleiner.

Te midde hiervan het die regering besluit om die self-isolasie tyd van 14 dae te verminder na 10 dae, en mense uit die buiteland is nie meer verplig om ’n die staat se kwarantyn gebiede te bly nie en kan in hulle eie wonings die vereiste tyd  deurbring.

Die voorwaarde is dat die persone nie met hulle aankoms in die land, ’n koors het nie, maar kenners sê dit is waarskynlik nie voldoende nie aangesien mense tot 8 dae infeksie het sonder dat koors toegeneem het.