SA mik glo na self-bestuur motors

Die ANC regering het die afgelope week die indruk geskep dat hulle beplanning doen om die sogenaamde G5 stelsel in te bring op die kommunikasie sisteem sodat selfbestuur voertuie bruikbaar kan wees in die land.

Die opgradering is egter nie ’n eenvoudige proses nie, en landswyd moet spesiale torings opgerig word wat die satelliet sein kan reguleer met die voertuie wat daarvoor ingerig is.

Te midde van ’n ekonomiese krisis waarin die land verkeer, bestaan die moontlikheid vir ’n spoedige opgradering waarskynlik nie, en die vraag na sulke voertuie is ook nie groot in ’n land soos Suid-Afrika waar hoë tegnologie nie behoorlik in stand gehou sal word nie.

Stella Ndabeni-Abrahams, die Minister van Kommunikasie het die moontlikheid uiteengesit in die afgelope week, maar waarnemers reken die minister se praatwerk is soms weg van die werklikheid.

Die 5G stelsel is ’n hoëspoed en hoë kwaliteit kommunikasie sisteem wat ondermeer nodig is om die jongste tegnologie in voertuigvervaardiging te gebruik sodat ’n voertuig van punt A na punt B kan ry sonder ’n bestuurder agter die stuurwiel.

Mercedes Benz is waarskynlik die eerste vervaardiger wat selfbestuur op die proef gestel het, maar intussen het die tegnoloog, Elon Musk se Tesla motors groot spronge gemaak en is tans van die voorste leiers op die gebied.