SA is nou net protesteerders

Die afgelope weke het SA verander in ’n land, besaai met ontevrede protesteerders wat oor tientalle aspekte hulle misnoeë probeer toon.

In die Wes-Kaap het inwoners van die informele woongebiede woedend gereageer en geëis dat hulle “die reg het om hulle plakkershuis weer op te rig” waar die munisipaliteit dit plat gestoot het.

In die noorde wil die SA Munisipale Werkers Unie ’n oorlog begin teen die groter Pretoria se stadsraad omdat hulle ’n dispuut het oor salarisse.

Die opstandelinge het munisipale geboue, sowel as staatseiendom beskadig en vragmotors is in brande verwoes.

Elkeen van die protesterende optogte het hande uitgeruk en was op ’n stadium buite beheer, terwyl die polisie met huiwering en klaarblyklike ongeergdheid die vandale se werk aanskou het.

Waarnemers sê die president het beswaar gemaak en gewaarsku teen diegene wat korrupsie pleeg, maar die Minister van Polisie swyg oor die vandale se vernielsugtige optrede.