Russiese vloot kry hipersoniese wapens

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het gesê die land se Vloot gaan 40 nuwe skepe en ander vaartuie kry gedurende die tweede helfte va hierdie jaar.

Die president het bygevoeg dat die Russiese Vloot ok hipersoniese wapentuig gaan kry om die Vloot se slaankrag dramaties te verhoog.

Die president het die aankondiging die afgelope naweek gedoen toe hy ook gesê het die Vloot se slaankrag sal verhoog word met die nuwe hipersoniese kernwapens asook die nuwe onderwater kernwapen hommeltuie.

Alhoewel President Vladimir Poetin gesê het die vloot gaan 40 nuwe skepe en ander vaartuie gedurende 2020 ontvang, het hy nie gesê wanneer die hipersoniese wapentuig beskikbaar gestel sal word nie.

Die Russe se Minister van Verdediging het gesê die ontwikkeling van die hipersoniese wapens is in ’n finale stadium van toetsing, maar het ook nie daarop uitgebrei nie.

Die wydverspreide ontplooi van gevorderde digitale tegnologie wat nou ontwikkel word in die wêreld, waarby ingesluit is die hipersoniese aanval sisteme en die onderwater hommeltuie sal die Vloot se krag ’n unieke voorsprong gee in tyd van oorlog, het Poetin gesê.