Russe wou Covid entstof kaap

Kapers wat deur Rusland ondersteun word, het verskeie pogings aangewend om die Covid-19 entstof en behandeling se navorsingswerk van akademiese en farmaseutiese instellings regoor die wêreld te bekom.

Die inligting is deur die Britse Nasionale Kuber Sekuriteit Sentrum vrygestel die afgelope week, en gesê die waarnemings is in samewerking met die VSA en Kanada gedoen.

Die groep wat die kapings wil uitvoer, staan bekend as APT29 en staan ook bekend as “Cozy Bear” en die bewering word gemaak dat dit redelik seker is dat dit deels die werk van die Russiese intelligensie diens is.

Die direkteur van die Nasionale Kuber Sekuriteit, Paul Chichester, het die kapers se optrede skerp veroordeel, maar die Russiese nuusagentskap RIA se woordvoerder, Dmitry Peskov, het gesê die Kremlin verwerp die beskuldigings wat teen hom ingebring word sonder dat enige bewyse bestaan.

In ’n afsonderlike verklaring het die Britte ook gesê die Russe het ingemeng in die algemene verkiesing van Brittanje wat in 2019 gehou is en waarvan die Konserwatiewe Party van premier Boris Johnson ’n reuse oorwinning behaal het.