Russe en Sjinese meng in met VSA verkiesing

Joe Biden

Die liberale Joe Biden, presidentskandidaat van die Demokratiese Party in Amerika het gewaarsku dat die Russe en Sjinese die moontlike inmengers sal wees in die presidentsverkiesing.

Biden, ’n voormalige visepresident van die Obama regering waarsku dat die twee lande die verkiesing kan ontwrig en beskuldig die president, Donald Trump, dat hy ook beplan om die verkiesing te versteur met die pos-stemme se stelsel.

Biden se waarskuwing volg nadat hy glo geklassifiseerde inligting ontvang het wat deur die intelligensie strukture bevestig is.

Die bejaarde Biden sê dit is ’n feit dat Rusland poog om in te meng, en hy wil waarborg dat die Russe steeds betrokke is by so ’n poging.

Die Sjinese en ander is ook betrokke by die inmengery van die verkiesing, en poog werklik om dit te ontwrig, het hy gesê.

Biden is steeds die voorloper in die verkiesing volgens die meningspeilings wat onlangs gemaak is, en die media maak van die pelings gebruik om die Demokrate aan te spoor tot finale oorwinning in November.