Rusland bou anti-satelliet wapens

Deskundiges in Westerse lande beweer dat Rusland besig is met die vervaardiging van anti-satelliet wapentuig en voer klaarblyklik reeds toetse daarmee uit.

Die Russiese wapentuig word vervaardig om hoofsaaklik aangewend te word teen die Amerikaanse toerusting, maar die Russe se Minister van Verdediging het die bewerings ontken dat toetse uitgevoer is.

Die inligting is vrygestel nadat die VSA en Brittanje samesprekings gehad het en die Russiese optrede onder oë geneem het tydens verlede week se vergadering.

Die wapen en die satelliet stelsel wat Rusland gebruik om in ’n wentelbaan getoets te word, is reeds voorheen deur die VSA uitgewys te midde van ontkennings deur Moskou.

Generaal John W. Raymond, hoof van die VSA Ruimte Mag, sê dit is ’n bewys dat Rusland voortgaan met sy pogings om ontwikkeling en toetse te doen met ruimte-gebaseerde stelsels om wapentuig te ontplooi wat die VSA en sy alliansie vennote se ruimte toerusting in die gevaar stel.

Op 15 Julie het ’n Russiese satelliet, Cosmos 2543 “geopereer in ’n abnormale nabyheid van ’n VSA regerings satelliet in ’n onbehoorlike wentelbaan voordat dit weer na ’n ander Russiese satelliet beweeg het.